Klik op die speelknoppie vir
my nuwe musiekvideo
VOLMAAN

Met meer as 350 000 trefslae op haar treffelied-musiekvideo "Met Jou Klere Aan", is dit verstaanbaar hoekom Leah op almal se lippe hang.

"Volmaan", haar nuutste musiekvideo wat onlangs vrygestel is, is besig om ranglyste te haal op Suid Afrikaanse radiostasies. Die lied is geskryf deur die ongelooflike Johan Vorster en Christoph Kotze en geniet tans baie aandag onder haar aanhangers.

Leer ken vir
Leah

Leah is gebore en getoë in Belville, Kaapstad se noordelike voorstede. Leah is gekwalifiseerd op vele vlakke. Sy het ’n BCom (Regte) agter haar naam en opleiding aan die Waterfront Teaterskool, en het grootgeword in ’n huis gevul met deuntjies van haar pa se keuse.

Ná inskrywings in ’n magdom musiekkompetisies, met TV-advertensiewerk tussen in, het Leah se groot deurbraak gekom in die vorm van modelwerk: sy is raakgesien in November 2011 in Rapport se Model van die Jaar-kompetisie wat sy ook gewen het. Kort daarna het die liedjieskrywer Johan Vorster haar hoor sing en onmiddellik aan die werk gespring om haar binne maande ’n opnamekontrak te verseker. Vandag is Leah toegerus met ’n 14-snit debuut album Wonderwerk wat in 2015 die lig gesien het het. Sy het ook onlangs die Bokkie-toekenning vir Nuweling van die Jaar ingepalm is en vir vier Ghoema-toekennings benoem.

Hoogepunte in Leah
se loopbaan

Leah se sukses ken geen perke nie. Sy het die musiekbedryf aant gons gehad met haar verskyning as Juffrou Du Bruyn in die silwerskerms-sukses-film “As jy sing”.

Leah word in 2016 ’n rol aangebied in die dramareeks “Sterlopers” en vertolk die rol van Nina, ’n regte blondine wat baie omgee vir haar vriende wat ook in die toneel- en dansindustrie is en dit wil maak as ’n kunstenaar.Vanjaar was dit ook Leah se eerste keer wat sy opgetree het by die jaarlikse Klein Karoo Nasionale Kunstenfees (KKNK), en haar nuutste musiekvideo “Volmaan” is onlangs bekendgestel.

MY FOTO'S



BORGE

Mia's Make-Up

ClipInHair

Bonheur

Body20 Studio

Purenity

Carike Nel Designs

MUD Make-Up