2016 is beslis ‘n Wonderwerk!

My Droomkar van Motorworld!
July 25, 2016
Leah en Guess Watches SA
December 31, 2016

2016 is beslis ‘n Wonderwerk!

2016 is beslis ‘n warrelwind wonderwerk vir my. Nie net moes ek plek maak vir ‘n Ghoema-toekenning, drie Huisgenoot Tempo-toekennings en ‘n Bok Radio / BokTv Bokkie Toekenning in my huis nie, maar ek moet ook bontstaan om ‘n besige toerskedule na te kom.
Nie dat ek enigsins omgee nie – dis my manier om bewonderaars te bedank vir hul ondersteuning en wat net as ‘n ongelooflike begin van my sangloopbaan bestempel kan word. So, na Beste Nuweling, Beste Liedjie, Beste Musiekvideo en Beste Sangeres van die Jaar, kom nog ‘n “Beste”, naamlik BESTE NUUS: My debuutalbum “Wonderwerk” word heruitgereik met vier bonussnitte en is nou beskikbaar op iTunes en alle musiekwinkels!
Bo-en-behalwe die treffers wat reeds op radio gehoor kon word en wat aan my al die toekennings besorg het, sal die Deluxe Weergawe-album treffers soos “Volmaan” en ‘n nuwe weergawe van “Meer as niks” bevat. En met ‘n nuwe weergawe van “Met jou klere aan”, beantwoord ek ook daardie tergende vraag wat bewonderaars nou al ‘n rukkie aan die raai het: “Wat is die lekkerste ding om te doen met jou klere aan”? Vir die antwoord, sal jy maar die Wonderwerk Deluxe Weegawe moet aanskaf.
Jy kry dan sommer vier splinternuwe liedjies op die koop toe! Daar is “Jou Liefde,” “C’est la vie,” “Maak my dag” en ‘n Engelse duet met nuwe kunstenaar Roan van As met die titel “Photograph”.