VIDEOS

 

Kyk hier na Leah se musiekvideo's van haar treffer-album
Wonderwerk

 

Jou Liefde se musiekvideo gebruik kreatiewe beligting en tegnologie

Die musiekvideo vir Jou Liefde is eenvoudig, dog treffend, gehou met die slim gebruik van beligting en tegnologie. Dit behou die fokus op Leah as sangeres. Die kleurvolle video is gepas met haar veelsydigheid as vermaaklikheidster.

Temalied van Sneeukoningin 2, Maak My Dag, se musiekvideo sal jou laat glimlag

Getrou aan die woorde in die liedjie sal hierdie musiekvideo jou beslis laat glimlag. Uittreksels van die rolprent, Sneeukoningin 2, is ook ingesluit in die video. Leah het die stem van Gerda vertolk.

Selfiesong saam met Kurt en Snotkop

’n Prettige musiekvideo saam met Kurt en Snotkop vir die enkelsnit, Selfie Song! Dit was só lekker om saam met hulle te werk hieraan - ons het soveel pret gehad!

Susters se Nooit Alleen

’Om die temalied van hierdie fliek, waarin ek ook een van die hoofrolle vertolk het, saam met Jo Black te kon sing, was ’n absolute voorreg! Dié musiekvideo bevat ook baie uittreksels uit die rolprent. Geniet dit!

Leah se nuutste musiekvideo "Volmaan" is onlangs uitgereik, en die kykerstal op Youtube klim net meer en meer.

Die blou rok in haar nuustste musiek video is ‘n sprokieverhaal inspirasie vertel Leah. Lily James se betowerende aandrok wat te sien was in die 2015 Cinderella film, het die grootste invloed op Leah se ontwerp gehad. Die animasie film Frozen het ook inspirerende bydraes gelewer in Elsa se gewilde blou sneeu rok.

'Met Jou Klere Aan' is geskiet by 'Irene Village Mall', lekker tussen al die inkopiegangers!

Die akteurs het heeldag hulle danspassies geoefen en omtrent mooi gedans aan die einde van die video. 'Spheratical Productions' het die video geskiet en ons wou graag 'n vars, 'feel-good' video maak. Die liedjie en video kan aanklank vind by oud en jonk, want wat is die lekkerste ding om te doen 'Met Jou Klere Aan'? En dis verseker soen!

'Meer As Niks' se kort lusmaker-video is geskiet by Galagos Estate buite Pretoria in een van die mooiste gastehuise.

Dis 'n diep en intieme liedjie en 'n ouwêreldse gevoel is geskep met Leah se laerug-rok deur Carike Nel Designs, asook haar klassieke haarstyl en diamant-oorbelle. Leah sê: "Hierdie liedjie ruk elke keer my hart uit sy kassie as ek hom sing en dis die gevoel wat ek aan die gehoor wou gee met my emosies."

 

"Is dit die volmaan wat my so onkant vang, Is dit die stille nag wat soos soene val, Gaan ons maar eerder lê, Ek wil saam met jou onder die sterre lê"